Page 1 / 1
SJOKOLADEKOEK.
07/26/2011 1:38 am

Administrator
Forum Addict


Regist.: 06/16/2011
Topics: 29
Posts: 77
OFFLINE
My wenke vir die volmaakte koek: Gebruik dieselfde koppie om die
bestanddele af te meet en gebruik eiers
teen kamertemperatuur, nie uit die
yskas nie. Maak ook seker dat jy twee
ronde 20 cm-koekpanne gebruik.
Wanneer die koek afgekoel het, moet elkeen horisontaal middeldeur gesny
word sodat jy vier lae het.” 1 k (250 ml) koekmeel
2 e (30 ml) kakaopoeier
2 t (10 ml) bakpoeier
1 k (250 ml) strooisuiker
½ k (125 ml) kanola-olie
½ k (125 ml) kookwater 4 ekstragroot eiers, geskei
1 t (5 ml) bakpoeier
Quote   
07/26/2011 1:41 am

Administrator
Forum Addict


Regist.: 06/16/2011
Topics: 29
Posts: 77
OFFLINE
VERSIERSEL 1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk
3 e (45 ml) appelkooskonfyt
2 e (30 ml) droë klapper
4 k (4 x 250 ml) versiersuiker
¼ k (60 ml) kakaopoeier
250 g botter, teen kamertemperatuur 2 t (10 ml) rumgeursel (opsioneel)
sowat 5 e (75 ml) water
kersies en geroosterde,
gevlokte amandels vir versiering Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer die koekpanne uit. Sif die meel, kakao, bakpoeier en
strooisuiker saam in ’n bak. Meng die olie en water en voeg dit by
die droë bestanddele. Klits die eiergele en voeg dit by die
mengsel. Meng goed. Gebruik ’n skoon klitser en klits die
eierwitte en bakpoeier saam tot styf. Vou dit liggies by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die twee
voorbereide panne. Bak 20-25 minute of tot die koeke van
die panne se kante af loskom. Keer dit op ’n afkoelrak uit en laat
afkoel voor jy dit in vier lae verdeel.
Quote   
07/26/2011 1:42 am

Administrator
Forum Addict


Regist.: 06/16/2011
Topics: 29
Posts: 77
OFFLINE
VERSIERSEL Meng die caramel en appelkooskonfyt. Verdeel die mengsel in die helfte en
voeg klapper by die een helfte. Sif die versiersuiker en kakao saam. Klop die botter tot romerig en voeg die
versiersuikermengsel geleidelik by. Voeg die rumgeursel (indien gebruik) en
water by en klits. Voeg nog ’n bietjie water by as dit te
styf is. Sit die onderste laag op ’n opdienbord. Smeer ’n kwart van die
versiersuikermengsel oor. Sit die tweede laag op en smeer die
karamel-en-klappermengsel daaroor. Sit die derde laag op en smeer met nog
’n kwart van die versiersuikermengsel. Sit die laaste laag op en smeer die
karamel- en-konfytmengsel daaroor. Versier die koek se kante met die
oorblywende versiersuikermengsel. Versier met kersies en geroosterde
amandelvlokkies.
Quote   
Page 1 / 1
Login with Facebook to post
Preview