Magrith's Forums > Magrith se Kombuis. > Vleis geregte.
ROMERIGE VARK MET VARS DADELS
Page 1 / 1
ROMERIGE VARK MET VARS DADELS
07/26/2011 1:53 am

Administrator
Forum Addict


Regist.: 06/16/2011
Topics: 29
Posts: 77
OFFLINE
500 g varksteaks of -tjops
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml olyfolie
30 g botter
100 g preie, grof gekap
120 g vars dadels (vervang met pruimedante)
250 ml room
30 ml sterk aangemaakte mosterd
250 g jong groenbone, gehalveer Geur die vleis met sout en peper. Verhit die olie en botter in ’n pan en
braai die vleis tot goudbruin en bros,
skep uit. Braai die preie in dieselfde pan, gebruik
die pansappe en braai tot sag. Skep die vleis terug, gevolg deur die
dadels, room en mosterd. Bring tot kookpunt en laat prut tot die
vleis gaar is. Roer die bone by en laat prut tot net
gaar. Sit voor saam met ’n groenslaai.
Quote   
Page 1 / 1
Login with Facebook to post
Preview