Page 1 / 1
KFC HOENDER
07/26/2011 1:34 am

Administrator
Forum Addict


Regist.: 06/16/2011
Topics: 29
Posts: 77
OFFLINE
100 ml koekmeelblom
10 ml (2 t) sout
peper na smaak
20 ml (4 t) hoenderaftrekselpoeier
100 ml droë witbroodkrummels
1 ml kerriepoeier 2 ml paprika
2 eiers, geklits
8 hoenderboudjies
sowat 30 ml (2 e) olie Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit
’n oondbak met kossproei of smeer met
gesmelte botter of margarien. Meng die meel, sout, peper,
hoenderaftrekselpoeier, droë
witbroodkrummels, kerriepoeier en
paprika in ’n groot mengbak. Doop die hoenderporsies in die geklitste
eier en doop elke porsie in die droë
meelmengsel. Skud die orige meelmengsel af en pak
die porsies in die voorbereide oondbak. Strooi die orige meelmengsel oor die
hoender en bedek die oondbak met
foelie. Bak 40 minute en verwyder die foelie. Sprinkel ’n bietjie olie oor die hoender
en bak nog sowat 20 minute of tot gaar
en bros. Sit voor saam met aartappelskyfies en
kool-en-wortelslaai.
Quote   
Page 1 / 1
Login with Facebook to post
Preview