Page 1 / 1
GLIMLAG.
07/15/2011 1:24 am

Administrator
Forum Addict


Regist.: 06/16/2011
Topics: 29
Posts: 77
OFFLINE
GLIMLAG! Die teorie: Baie vrouetydskrifte het al beweer dat ’n glimlag jou gesig dadelik
lig, jou meer spontaan en toeganklik
laat lyk en sommer jonger ook. En hulle
was reg! Glimlag want: Dis jou beste wapen wanneer jy lelik voel. Jy kan hoe mooi
gegrimeer wees, soos ’n supermodel
lyk, in olyfolie bad en nog wat! Maar as
jou gesiggie suur is, gaan min mense in
jou rigting kyk. En om alles te kroon is
’n glimlag spotgoedkoop ook. ’n Studie in Oostenryk het bevind dat
deelnemers ’n glimlag meer aantreklik
en betroubaar vind as ’n neutrale gesig,
of selfs ’n geheimsinnige glimlag. ’n
Ander studie in Detroit het weer foto’s
geanaliseer en bevind dat die mense wat die breedste op foto’s glimlag,
langer leef!
Quote   
07/15/2011 1:44 am

Administrator
Forum Addict


Regist.: 06/16/2011
Topics: 29
Posts: 77
OFFLINE
Eet jou stres weg. Voorkom lae bloedsuiker omdat dit jou stresvlakke
opjaag. Eet gereelde klein, gesonde
maaltye en hou vrugte en groente
byderhand. Kruietee help ook om jou
senuwees te kalmeer. Onverfynde
koolhidrate, neute en piesangs verhoog die produksie van serotonien, 'n neuro-
oordragstof wat jou goed laat voel.
Klein hoeveelhede proteïne wat die
aminosuur triptamien bevat, kan jou
opkikker wanneer stres jou uitput.
Quote   
Page 1 / 1
Login with Facebook to post
Preview