| 07/15/2011 1:29 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Maak soos jou kietsie. Leer om strek-oefeninge te doen wanneer jy
wakker word. Dit is goed vir jou
sirkulasie en spysvertering, en verlig
rugpyn. |
|
|
| 07/15/2011 1:31 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Moenie ontbyt oorslaan nie. Studies het bewys dat om 'n ordentlike
ontbyt te eet, een van die beste dinge is
wat jy kan doen om gewig te verloor.
Mense wat ontbyt oorslaan, neig om
gewig aan te sit. 'n Gebalanseerde
ontbyt sluit in: vars vrugte of vrugtesap, 'n hoë-vesel ontbyt-
graankos, laevet melk of joghurt,
volgraan roosterbrood, en 'n gekookte
eier. |
|
|
| 07/15/2011 1:34 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Neurobiese oefeninge vir jou brein. Kry jou brein aan die bruis! Amerikaanse navorsers het die term
"neurobics" uitgedink vir take wat die
brein se eie biochemiese paadjies
aktiveer en nuwe "snelweë" skep, wat
kan help om brein-stroombane te
versterk of te behou. Borsel jou tande met die "ander" hand, neem 'n nuwe
roete werk toe of kies jou klere deur
middel van aanraking en nie sig nie.
Mense wat verstandelik op en wakker
is, neig om minder Alzheimer se siekte
te kry, en ouderdomsverwante verstandelike agteruitgang te ervaar. |
|
|
| 07/15/2011 1:36 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Moenie terugdeins voor reuke nie. Knoffel, uie, salotte en preie bevat almal
elemente wat goed is vir jou. 'n Studie
deur die Instituut vir Kindergesondheid
in Kaapstad het bevind dat om rou
knoffel te eet, help om ernstige
kinderinfeksies te beveg. Hitte vernietig hierdie eienskappe, dus is dit beter om
dit rou te eet en met vrugtesap af te
sluk, of, as jy jou neus optrek, kan jy dit
in tabletvorm sluk. |
|
|
| 07/15/2011 1:37 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Moenie terugdeins voor reuke nie. Knoffel, uie, salotte en preie bevat almal
elemente wat goed is vir jou. 'n Studie
deur die Instituut vir Kindergesondheid
in Kaapstad het bevind dat om rou
knoffel te eet, help om ernstige
kinderinfeksies te beveg. Hitte vernietig hierdie eienskappe, dus is dit beter om
dit rou te eet en met vrugtesap af te
sluk, of, as jy jou neus optrek, kan jy dit
in tabletvorm sluk. |
|
|
| 07/15/2011 1:38 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Lig die elmboog. 'n Glasie rooiwyn elke dag is goed vir jou. 'n Aantal
studies het dit beaam, en 'n meer
onlangse studie het bevind dat die
polifenole ('n soort antioksidant) in
groen tee, rooiwyn en olywe ook kan
help om jou teen borskanker te beskerm. Daar word ook vermoed dat
die antioksidante kan help om jou teen
karsinogene in die omgewing, soos
passiewe tabakrook, te beskerm. |
|
|
| 07/15/2011 1:40 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Jou daaglikse kalsium. Kry jou daaglikse kalsium deur 'n tablet te sluk,
melk te drink of joghurt te eet. Dit hou
jou bene sterk. Onthou dat jou
beendigtheid na die ouderdom van 30
verminder. Jy het daagliks ten minste
200mg nodig, wat jy met magnesium moet kombineer – anders word dit net
nie geabsorbeer nie. |
|
|
| 07/15/2011 1:41 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Tamaties. Tamaties is 'n superster onder die vrugte en groente. Tamaties
bevat likopien, 'n kragtige
kankerbevegter en bevat ook baie
vitamien C. Die goeie nuus is dat
gekookte tamaties ook voedsaam is –
gebruik dit dus in pasta, sop, en bredies, asook in slaaie. Die British Thoracic
Society sê dat tamaties en appels jou
risiko vir asma en kroniese longsiektes
kan verlaag. Altwee bevat die
antioksidant kwersitien. Om die
voordele hiervan ten volle te geniet, eet vyf appels per week, of 'n tamatie
elke tweede dag. |
|
|
| 07/15/2011 1:48 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Brand vet gedurende intervalle. Om jou fiksheid vinnig te verbeter en
gewig te verloor, maak gebruik van
interval opleiding. Stel die loop- of
trapmasjien op die interval program,
sodat jou spoed en werklading die hele
tyd kan varieer. Bou jou werklading geleidelik op en keer dan terug na jou
aanvanklike spoed. Herhaal hierdie
roetine. Dit sal jou sessies minder
vervelig maak en jy sal ook beter
resultate binne 'n korter tyd behaal. |
|
|
| 07/17/2011 8:58 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Eet jou stres weg. Voorkom lae bloedsuiker omdat dit jou stresvlakke
opjaag. Eet gereelde klein, gesonde
maaltye en hou vrugte en groente
byderhand. Kruietee help ook om jou
senuwees te kalmeer. Onverfynde
koolhidrate, neute en piesangs verhoog die produksie van serotonien, 'n neuro-
oordragstof wat jou goed laat voel.
Klein hoeveelhede proteïne wat die
aminosuur triptamien bevat, kan jou
opkikker wanneer stres jou uitput. |
|
|
| 07/17/2011 9:01 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Geure maak jou vel oud. Bly weg van geparfumeerde of gegeurde
sonskerm wat na kokosneut olie of
lemoen ruik as jy wil hê jou vel moet
jonk bly. Hierdie rome bevat psoralen,
wat die verouderingsproses versnel.
Kry liewer 'n nagemaakte sonbruin. Vermy solariums, hulle is net so erg
soos die son. |
|
|
| 07/17/2011 9:02 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Hou die stoom in die slaapkamer. Om in te warm water te stort of te bad,
sal jou vel uitdroog en veroorsaak dat
dit vroegtydig verouder. 'n Matige
temperatuur is baie beter. Wend
vogroom aan terwyl jou vel nog klam
is en dit sal vinniger geabsorbeer word. Gooi ook 'n bietjie olyfolie by jou
badwater – dit sal help om jou vel
vogtig te hou. |
|
|
| 07/17/2011 9:05 am |
 Administrator Forum Addict

Regist.: 06/16/2011 Topics: 29 Posts: 77
 OFFLINE | Suiker. Meer as drie miljoen Suid- Afrikaners ly aan tipe 2 diabetes, en dit
raak al hoe meer – en die pasiënte al
hoe jonger. Nuwe studies toon dat
hierdie soort diabetes dikwels deel is
van 'n metaboliese sindroom (Sindroom
X), wat hoë bloeddruk en ander risikofaktore vir hartsiekte insluit. Meer
as 80 persent van tipe 2 diabete sterf
aan hartsiekte, so maak seker dat jy jou
glukosevlakke onder beheer het en hou
jou bloeddruk- en cholesterol-tellings
dop. |
|
|